Lumari & Johan Clarens

Dit was lekker om vir slag weer bietjie buite Jo'burg te werk. Hierdie troue was by Linwood Estate net buite die dorpie Clarens in die Vrystaat. Dit was heerlik! Toe ons die Vrydag middag daar arriveer, was dit yskoud en het dit katte en honde gereen. Maar die volgende dag was perfek.