Yolani & Nicolaas  se "french-provincial" troue by Rademeyers was iets besonders. Yolani se sagte, vroulike smaak is duidelik deur haar keuse van blomme en dekor uitgebeeld. Die venue het bygedra tot die lieflike atmosfeer van hulle troue en ons het dit ongelooflik geniet om deel te kon wees van hierdie spesiale dag. Dankie dankie dat julle ons vertrou het met die dekor en blomme van die mooiste dag van julle lewe.

" Ek wil net vir julle baie dankie sê vir al julle moeite met die blomme vir my groot dag. Die gaste het almal gesê hoe pragtig dit gelyk het. En dit het defnitief die atmosfeer geskep wat ek in gedagte gehad het. Groete, Yolani "